Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:8-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Want vismotte sal hulle opvreet soos klere.Wurms sal hulle opvreet soos wol.Maar my regspraak sal wees vir altyd,my redding vir alle geslagte.”

9. Word wakker! Word wakker, Here! Beklee Uself met mag,sterk arm van die Here! Word wakker soos vroeër soos in tye lank gelede. Is dit dan nie U wat Rahabaan stukke gekap het,die seemonsterdeurboor het nie?

10. Is U nie die Een wat die see, die diepwaters,laat opdroog het,wat ’n pad gemaak het op die bodem van die seesodat dié wat verlos is, kon deurtrek nie?

11. Almal vir wie die Herelosgekoop het, sal met vreugdeterugkeer na Sion.Blydskap sal die kroon op hulle koppe wees.Hulle sal vol vreugde en blydskap wees. Hartseer en smart sal verdwyn.

12. “Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos.Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaanen verdwyn?

13. Julle het vergeet van die Here, julle Skepperwat die hemel oopgespan het,wat die fondamente van die aarde gelê het.Jy was altyd vol vreesvir die woedevan jou verdrukkerswat uit is daarop om jou te vernietig.Maar waar is die toorn van jou verdrukker nou?

14. Een van die dae word al jou gevangenes vrygelaat!Hulle sal nie doodgaan in die tronk nieen hulle sal ook nie honger ly nie.

15. Want Ek is die Here jou Godwat die see onstuimig maak sodat sy golwe dreun. Die Here, die Almagtige, is my Naam!

16. Ek het my woorde in jou mond gesit.Ek het jou beskerm met die skadu van my hand.Dis Ek wat die sterre op hulle plek sit,en die aarde gevestig het.Dis Ek wat vir Sion sê: ‘Jy is Myne!’”

17. Word wakker, word wakker! Staan op, Jerusalem! Jy wat die beker van toornuit die hand van die Heregedrink het.Jy wat dit leeggedrink hetsodat dit jou laat steier het.

18. Nie een van jou kinders was daar om jou te lei nie.Daar was nie een van jou kinderswat jou hand gevat het om te sê wat jy moet doen nie.

19. ’n Dubbele ramp het jou getref.Wie is daar om jou te troos?Daar is net verwoesting en vernietiging, hongersnood en oorlog. Wie is daar om jou te bemoedig?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51