Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:13-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Julle het vergeet van die Here, julle Skepperwat die hemel oopgespan het,wat die fondamente van die aarde gelê het.Jy was altyd vol vreesvir die woedevan jou verdrukkerswat uit is daarop om jou te vernietig.Maar waar is die toorn van jou verdrukker nou?

14. Een van die dae word al jou gevangenes vrygelaat!Hulle sal nie doodgaan in die tronk nieen hulle sal ook nie honger ly nie.

15. Want Ek is die Here jou Godwat die see onstuimig maak sodat sy golwe dreun. Die Here, die Almagtige, is my Naam!

16. Ek het my woorde in jou mond gesit.Ek het jou beskerm met die skadu van my hand.Dis Ek wat die sterre op hulle plek sit,en die aarde gevestig het.Dis Ek wat vir Sion sê: ‘Jy is Myne!’”

17. Word wakker, word wakker! Staan op, Jerusalem! Jy wat die beker van toornuit die hand van die Heregedrink het.Jy wat dit leeggedrink hetsodat dit jou laat steier het.

18. Nie een van jou kinders was daar om jou te lei nie.Daar was nie een van jou kinderswat jou hand gevat het om te sê wat jy moet doen nie.

19. ’n Dubbele ramp het jou getref.Wie is daar om jou te troos?Daar is net verwoesting en vernietiging, hongersnood en oorlog. Wie is daar om jou te bemoedig?

20. Jou kinders het flou geword.Hulle lê in die strate,hulpeloos soos wild wat in ’n vangnet gevang is.Die Here het sy wraakoor hulle uitgestort.God het hulle gestraf.

21. Daarom, luister nou hierna, jy met soveel ellende, jy wat dronk is, maar nie van wyn nie.

22. So sê jou oppermagtige Here, jou God en jou Beskermer:“Kyk, Ek vat uit jou hand die beker wat jou laat steier.Uit die beker van my woede hoef jy nooit weer te drink nie.

23. Ek sit daardie beker in jou verdrukkers se hand,hulle wat vir jou gesê het: ‘Gaan lê op die grond sodat ons oor jou kan loop!’En jy het jou rug gemaak soos die grond, soos ’n straat vir hulle wat oor jou geloop het.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51