Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:4-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Wat moes Ek meer gedoen hetom ’n oes te verseker?Hoekom het Ek wilde druiwe gekrytoe Ek soet druiwe verwag het?

5. Kom Ek vertel jouwat Ek met my wingerd gaan doen:Ek gaan sy omheining afbreek,sodat dit vernietig sal word.Ek gaan sy mure afbreek,sodat wilde diere dit kan vertrap.

6. Ek maak dit ’n woestyn.Die wynstokke snoei Ek nie meer nieen die grond skoffel Ek nie meer om nie.Dorings en onkruid sal dit toegroei.Ek beveel die wolke om nie daaroor te reën nie.”

7. Die wingerd van die Here, die Almagtige,is die volk Israel.En Juda is sy mooi tuin.Hy het ’n oes van geregtigheid verwag,maar net bloedvergieting gekry;gesoek na regverdigheid,maar net die hulpgeroepvan verdrukte mense gehoor.

8. Verwoesting wag as julle aanhou om eiendom op te koop sodat geen plek oorbly en julle alleen in die land bly.

9. Maar die Here, die Almagtige, verklaar waar ek dit gehoor het:“Baie mooi huise sal leeg staan, sonder enige inwoners.

10. ’n Wingerd van tien akker sal nie eens ’n tiende van sy opbrengs lewer nie. Tien dele saad sal net een deel graan lewer.”

11. Verwoesting wag as julle vroeg opstaan sodat julle tot laatnag kan drink. Julle kuier tot laat, totdat die wyn julle bedwelm.

12. Julle het harpe en liere by julle partytjies, tamboeryne, fluite en wyn.Maar julle steur julle nie aan wat die Here doen nie,en sien nie sy dade raak nie.

13. Daarom stuur Ek my volk weg in ballingskap, omdat hulle My nie ken nie. Die mees geëerdes onder jullesal doodgaan van die honger, en die gewone mense sal sterf van die dors.

14. Die graf se aptyt is opgewek, hy maak sy mond wyd oop vir julle. Vooraanstaandes en gewone mensesal ingesluk word, saam met die rumoerige dronkaards.

15. Dan sal mense verneder word en in die stof beland,die trotses sal tot ’n val kom.

16. Die Here, die Almagtige,sal verhoog word. Hy sal geregtigheid laat geskied. Die heiligheid van God sal in sy regverdigheid uitgestal word.

17. Dan sal kuddes in hulle eie weivelde wei,lammers en bokkies sal tussen die puinhope wei.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5