Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:11-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Verwoesting wag as julle vroeg opstaan sodat julle tot laatnag kan drink. Julle kuier tot laat, totdat die wyn julle bedwelm.

12. Julle het harpe en liere by julle partytjies, tamboeryne, fluite en wyn.Maar julle steur julle nie aan wat die Here doen nie,en sien nie sy dade raak nie.

13. Daarom stuur Ek my volk weg in ballingskap, omdat hulle My nie ken nie. Die mees geëerdes onder jullesal doodgaan van die honger, en die gewone mense sal sterf van die dors.

14. Die graf se aptyt is opgewek, hy maak sy mond wyd oop vir julle. Vooraanstaandes en gewone mensesal ingesluk word, saam met die rumoerige dronkaards.

15. Dan sal mense verneder word en in die stof beland,die trotses sal tot ’n val kom.

16. Die Here, die Almagtige,sal verhoog word. Hy sal geregtigheid laat geskied. Die heiligheid van God sal in sy regverdigheid uitgestal word.

17. Dan sal kuddes in hulle eie weivelde wei,lammers en bokkies sal tussen die puinhope wei.

18. Verwoesting wag vir mense wat hulle sonde agter hulle aansleep met bande van valsheiden sonde.

19. Hulle sê:“Laat Hom gou maak en iets doen sodat ons dit kan sien! Laat die Heilige Een van Israel vir ons wys wat Hy beplan sodat ons dit kan weet!”

20. Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5