Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Want Ek was kwaad vir my volk. Ek het my erfdeel onrein verklaar.Daarom het Ek hulle gestrafen hulle in jou hand oorgegee. Maar jy het geen genade vir hulle betoon nie.Selfs die oumense het jy ’n swaar vrag laat dra.

7. Jy het by jouself gedink: ‘Ek sal altyd bestaan, ’n koningin wees vir altyd!’Maar jy het nie gedink aan die gevolge van jou dade nie.

8. “Daarom, luister mooi na My.Jy is ’n wellustige vrou wat haar verlustigin haar sekuriteit en sê:‘Ek alleen bestaan,daar is niemand soos ek nie.Ek sal nooit ’n weduwee weesof my kinders verloor nie.’

9. Dis juis hierdie twee dinge wat jou skielik sal oorval, op dieselfde dag:Jy sal jou kinders verloor en jy sal ’n weduwee word. Hierdie rampe gaan jou tref ondanks jou toorkunste en jou beswerings.

10. Jy het op jou boosheid vertrou en gesê: ‘Niemand sien wat ek doen nie!’Jou wysheid en jou kennis het jou misleitoe jy gedink het: ‘Ek alleen bestaan,daar is niemand soos ek nie.’

11. Maar rampe sal jou skielik oorvalen jy sal dit nie kan besweer nie.Ellende gaan oor jou kom,en jy sal jou nie met ’n losprys kan loskoop nie. ’n Ramp wat jy nie kan voorsien nie,sal skielik oor jou kom.

12. “Hou maar aan met jou toorkunste, met jou besweringswat jy al van kleintyd beoefen het.Dalk het jy sukses,dalk sal jy mense afskrik.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47