Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Want jy sal kaal wees.Jou skaamte sal ontbloot word.Want Ek neem wraak,en sal niemand spaar nie.”

4. Ons Verlosser– die Here, die Almagtige, is sy Naam –is die Heilige van Israel.

5. “Gaan sit doodstil in ’n donker plek, dogter van Babilon.Jy sal nooit weer genoem word koningin van koninkryke nie.

6. Want Ek was kwaad vir my volk. Ek het my erfdeel onrein verklaar.Daarom het Ek hulle gestrafen hulle in jou hand oorgegee. Maar jy het geen genade vir hulle betoon nie.Selfs die oumense het jy ’n swaar vrag laat dra.

7. Jy het by jouself gedink: ‘Ek sal altyd bestaan, ’n koningin wees vir altyd!’Maar jy het nie gedink aan die gevolge van jou dade nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47