Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. “Hou maar aan met jou toorkunste, met jou besweringswat jy al van kleintyd beoefen het.Dalk het jy sukses,dalk sal jy mense afskrik.

13. Al die raad wat jy gekry het, het jou net moeg gemaak.Laat jou voorspellers opstaan en jou kom red.Laat die sterrekykers wat maand vir maand vir jouvoorspellings maak,jou red van wat jou gaan tref.

14. Maar hulle is so nutteloos soos droë gras wat in die vuur brand.Hulle kan hulleself nie redvan die mag van die vuur nie!Daar is nie eens kole om jou warm te maak nie, geen vuur waarby jy kan sit nie.

15. Dis al wat hulle vir jou kan doen, hulle met wie jy jouvan jongs af besig gehou het.Hulle dwaal almal op hulle eie koers. Nie een van hulle kan jou red nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47