Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Klim af, gaan sit in die stof,dogter van Babel.Kom sit in die stof sonder jou troon,stad van die Babiloniërs.Niemand noem jou weerdie jong vrou wat fyn en delikaat is nie.

2. Vat swaar maalklippe en maal die koring.Haal af jou sluier en tel jou rok op.Ontbloot jouen stap deur die stroom.

3. Want jy sal kaal wees.Jou skaamte sal ontbloot word.Want Ek neem wraak,en sal niemand spaar nie.”

4. Ons Verlosser– die Here, die Almagtige, is sy Naam –is die Heilige van Israel.

5. “Gaan sit doodstil in ’n donker plek, dogter van Babilon.Jy sal nooit weer genoem word koningin van koninkryke nie.

6. Want Ek was kwaad vir my volk. Ek het my erfdeel onrein verklaar.Daarom het Ek hulle gestrafen hulle in jou hand oorgegee. Maar jy het geen genade vir hulle betoon nie.Selfs die oumense het jy ’n swaar vrag laat dra.

7. Jy het by jouself gedink: ‘Ek sal altyd bestaan, ’n koningin wees vir altyd!’Maar jy het nie gedink aan die gevolge van jou dade nie.

8. “Daarom, luister mooi na My.Jy is ’n wellustige vrou wat haar verlustigin haar sekuriteit en sê:‘Ek alleen bestaan,daar is niemand soos ek nie.Ek sal nooit ’n weduwee weesof my kinders verloor nie.’

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47