Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Ek maak bekend wat gaan gebeurnog voor dit gebeur.Wat Ek besluit, voer Ek uit.Wat Ek wil, doen Ek.

11. Uit die ooste roep Ek ’n roofvoël,’n man uit ’n ver land, wat my opdrag sal uitvoer.Wat Ek gesê het, sal Ek laat gebeur.Wat Ek beplan, dit sal Ek doen.

12. Luister na My, julle opstandiges, julle wat nie reg doen nie.

13. Ek staan reg om te doen wat reg is.Dis nie ver nie.Die redding wat Ek bring,sal nie lank wegbly nie.Ek bring redding vir Sion,my heerlikheid na Israel.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46