Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. So sê die Here vir Kores, sy gesalfdewie se regterhand Ek gevat hetom nasies aan hom te onderwerp, konings se wapens af te vat en deure voor hom oop te maak wat nie weer gesluit sal word nie:

2. “Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak. Ek breek bronsdeure oop en slaan ystertralies stukkend.

3. Ek gee vir jou skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke.Ek doen dit sodat jy kan erken dat Ek die Here is, die God van Israel, wat jou by jou naam roep

4. ter wille van Jakob my dienaar, van Israel wat Ek gekies het.Ek het jou op jou naam geroepen skryf jou hoog aan, alhoewel jy My nie eens ken nie.

5. Ek is die Hereen daar is geen ander nie.Daar is geen ander God as Ek nie. Ek maak jou sterk, al erken jy My nie eens nie.

6. Dan sal die wêreld van die oostetot by die westeweet daar is geen ander God as Ek nie.Ek is die Here,en daar is geen ander God nie.

7. Ek maak die lig en skep die donkerte.Ek gee voorspoed en stuur slegte tye.Ek, die Here, is die Een wat al hierdie dinge doen.

8. “Laat die wolke regverdigheid reën.En laat die aarde oopgaan om dit te ontvangen die vrug van redding oplewersodat regverdigheid daaruit kan voortspruit.Ek, die Here, het hierdie dinge gemaak.

9. Ellende wag vir homwat sy Skepper verwyt,’n potskerf tussen potskerwe.Kan die kleipot vir sy maker sê:‘Wat maak jy?’Kan jou handewerk vir jou sê: ‘Hy kan nie sy hande gebruik nie’?

10. Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê:‘Waarom het u ’n kind verwek?’Of vir ’n vrou: ‘Hoekom het julle ’n kind in die wêreld gebring?’”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45