Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:6-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. So sê die Here, Israel se Koning en Verlosser, die Here, die Almagtige: “Ek is die Eerste en die Laaste.Daar is geen ander God nie.

7. Wie is daar wat kan vertel wat in die toekoms gaan gebeur? Laat hulle dit verklaar.Laat hulle verduidelik wat gebeur het vandat Ek my volk gevestig het.En laat hulle verduidelik wat nog gaan gebeur.

8. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie! Het Ek nie lankal gesêwat my doel met julle is nie?Julle is my getuies.Is daar enige ander God? Nee, daar is geen ander Rots nie.Ek weet van geeneen nie.”

9. Mense wat beelde van hulle gode vervaardig,is niks! En die duur beelde wat hulle maak, is niks!Hulle is getuies dat dit so is,want hulle beelde sien niks en weet niks.Geen wonder mense wat gode aanbid,kom in die skande nie!

10. Wie anders as ’n dwaas maak sy eie god, ’n afgod wat met net mooi niks kan help?

11. Almal wat so ’n god vereer,kom in die skande.Die mense wat die gode maak, dink hulle maak ’n god. Hulle sal almal saam verleë staanen ontsteld en skaam wees.

12. Die ystersmid vat gereedskapen werk daarmee in die kole. Hy vorm ’n beeld met hamersen smee ’n beeld met die krag van sy arm.Hy word hongeren sy krag word minder. Hy drink nie water nie en word uitgeput.

13. Die timmerman wat hout gebruik,meet met ’n maatlynen merk die buitelyne van die beeld.Hy gebruik beitels en merk dit met passers.Hy vorm die beeld van ’n mens,’n pragtige beeld,geskik om in ’n tempel te staan!

14. Die ambagsman kap seders af. Hy kies ’n sipres of eik.Hy laat dit groei tussen die bome in die bos.Of hy plant ’n lourier, en die reën laat dit groei.

15. ’n Deel van die hout gebruik hyom vuur te maak sodat hy warm kan worden sy brood kan bak.Met die ander deel maak hy – kan jy glo? – ’n god wat mense aanbid!Hy maak ’n beelden buig daarvoor neer.

16. Die helfte van die houtverbrand hy in die vuur.Hierop berei hy sy kos voor, en eet genoeg daarvan.Hy verwarm hom en sê:“Hoe lekker warm kry ek as ek na die vuur kyk!”

17. Dit wat oorbly van die hout gebruik hy vir ’n afgodsbeeld.Hy buig voor dit en aanbid dit.Hy bid tot dit en sê:“Red my tog, want jy is my god!”

18. Kan mense so onnosel wees!Hulle verstaan niks!Dis asof hulle oë en verstand toegepleister issodat hulle niks kan sien of verstaan nie.

19. Die mens wat die afgodegemaak het,gaan sit nie en dink bietjie na nie: “Die helfte van die hout het ek verbrand. Op die kole het ek brood gebak, ek het vleis gebraai en geëet.Hoe kan die res daarvan ’n god wees?Moet ek dan voor ’n stuk hout neerbuig en dit aanbid?”

20. So ’n persoonbou sy lewe op as.Hy laat hom verlei en kan homself nie red nie.En tog kom hy nie sover om te besef nie: “Wat ek in my hand vashou, is niks anders nie as ’n leuen!”

21. “Onthou hierdie dinge, Jakob, want jy is my dienaar, Israel.Ek het jou gemaak.Jy is my dienaar. Ek sal nie vergeetom jou te red nie, Israel.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44