Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. “Onthou hierdie dinge, Jakob, want jy is my dienaar, Israel.Ek het jou gemaak.Jy is my dienaar. Ek sal nie vergeetom jou te red nie, Israel.

22. Ek het jou sondes weggevee soos wolke verdwyn.Ek het jou oortredings soos wolke laat verdwyn. Keer terug na My toe, want Ek het die prys betaal om jou vry te koop.”

23. Sing van blydskap, hemel, want die Here het dit gedoen.Roep hard, dieptes van die aarde! Breek uit in sang, berge,en elke boom en bos! Want die Here het Jakob gered.Hy vertoon sy heerlikheid in Israel.

24. So sê die Here, jou Redderwat jou in die moederskoot gevorm het: “Ek is die Herewat alles geskep het.Ek alleen het die hemel oopgespan.Ek alleen het die aarde gevorm.

25. Ek stel vals profeteas leuenaars aan die kaak,Ek ontbloot waarsêery as gekheid, Ek onthul kennis van wysesas dwaasheid.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44