Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Dit is wat die Here sê,Hy wat jou gemaak het, wat jou gevorm het in jou moeder se skoot, en jou steeds help: Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob, Jesurun wat Ek gekies het.

3. Want Ek sal jou water gee, genoeg om jou dors te les en jou droë lande nat te lei.Ek sal my Gees op jou kinders uitstort,en my seëningeop jou nageslag.

4. Hulle sal uitspruit soos grasin die veld, soos wilgerbome langs strome water.

5. Party sal trots sê: ‘Ek behoort aan die Here.’Ander sal sê: ‘Ek is ’n afstammeling van Jakob.’Sommige sal die Here se Naam op hulle hande skryfen die naam van Israel aanneem.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44