Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Dit wat oorbly van die hout gebruik hy vir ’n afgodsbeeld.Hy buig voor dit en aanbid dit.Hy bid tot dit en sê:“Red my tog, want jy is my god!”

18. Kan mense so onnosel wees!Hulle verstaan niks!Dis asof hulle oë en verstand toegepleister issodat hulle niks kan sien of verstaan nie.

19. Die mens wat die afgodegemaak het,gaan sit nie en dink bietjie na nie: “Die helfte van die hout het ek verbrand. Op die kole het ek brood gebak, ek het vleis gebraai en geëet.Hoe kan die res daarvan ’n god wees?Moet ek dan voor ’n stuk hout neerbuig en dit aanbid?”

20. So ’n persoonbou sy lewe op as.Hy laat hom verlei en kan homself nie red nie.En tog kom hy nie sover om te besef nie: “Wat ek in my hand vashou, is niks anders nie as ’n leuen!”

21. “Onthou hierdie dinge, Jakob, want jy is my dienaar, Israel.Ek het jou gemaak.Jy is my dienaar. Ek sal nie vergeetom jou te red nie, Israel.

22. Ek het jou sondes weggevee soos wolke verdwyn.Ek het jou oortredings soos wolke laat verdwyn. Keer terug na My toe, want Ek het die prys betaal om jou vry te koop.”

23. Sing van blydskap, hemel, want die Here het dit gedoen.Roep hard, dieptes van die aarde! Breek uit in sang, berge,en elke boom en bos! Want die Here het Jakob gered.Hy vertoon sy heerlikheid in Israel.

24. So sê die Here, jou Redderwat jou in die moederskoot gevorm het: “Ek is die Herewat alles geskep het.Ek alleen het die hemel oopgespan.Ek alleen het die aarde gevorm.

25. Ek stel vals profeteas leuenaars aan die kaak,Ek ontbloot waarsêery as gekheid, Ek onthul kennis van wysesas dwaasheid.

26. Maar Ek bevestig die woordevan my profeteen vervul die voorspellingsvan my boodskapperswanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’Van hulle ruïnes sê Ek:‘Ek sal hulle herstel.’

27. Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’sal dit opdroog.

28. En wanneer Ek van Kores sê: ‘Hy sal my herder wees,’sal hy alles doen wat Ek sê.Van Jerusalem sal hy sê: ‘Dit moet herbou word!’Van die tempel sal hy sê:‘Die fondamente moet herstelword.’”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44