Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 43:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Ek gaan iets nuuts doen.Dit het alreeds begin gebeur!Sien julle dit nie?Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom!Ek maak vir hulle rivierein die woestyn!

20. Die wilde diere sal dankbaar wees daaroor.Die jakkalse en die volstruisesal bly wees omdat Ek vir hulle water in die woestyn gee.Ek maak fonteine in die woestyn sodat my uitverkore volk hulle dors kan les.

21. Ek het hierdie volk vir Myself gemaaksodat hulle My sal eer.

22. “Tog, Jakob, het jy geweier om My aan te roep.Jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel.

23. Jy het nie skape gebring as brandoffers vir My,of My vereer met jou offers nie.Ek het jou nie belas met graanoffers of jou vermoei met wierookoffers nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 43