Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 43:14-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Dit sê die Herejulle Verlosser, die Heilige van Israel: “Ter wille van julle stuur Ek ’n leërmag na Babel.Dan sal die Babiloniërs moet vlug in dieselfde skepe waarop hulle so trots is.

15. Ek is die Here, die Heilige van Israel, Israel se Skepper en Koning.”

16. So sê die Here. Dis Hy wat ’n pad deur die water gemaak het, ’n droë pad deur die see.

17. Hy wat die sterk leër van Egipte met al sy strydwaens en perde opgeroep het, en hulle almal laat verdrink hetsodat hulle doodgeblaas is soos ’n kers.

18. “Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het.Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie.

19. Ek gaan iets nuuts doen.Dit het alreeds begin gebeur!Sien julle dit nie?Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom!Ek maak vir hulle rivierein die woestyn!

20. Die wilde diere sal dankbaar wees daaroor.Die jakkalse en die volstruisesal bly wees omdat Ek vir hulle water in die woestyn gee.Ek maak fonteine in die woestyn sodat my uitverkore volk hulle dors kan les.

21. Ek het hierdie volk vir Myself gemaaksodat hulle My sal eer.

22. “Tog, Jakob, het jy geweier om My aan te roep.Jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel.

23. Jy het nie skape gebring as brandoffers vir My,of My vereer met jou offers nie.Ek het jou nie belas met graanoffers of jou vermoei met wierookoffers nie.

24. Julle het nie soet wierookoffers vir My gekoop nie.Julle het My nie versadigmet die vet van julle offers nie. In die plek daarvan het julle My belas met julle sondes.Julle het My moeg gemaak met julle misdade.

25. “Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis.Ek doen dit ter wille van Myselfen Ek dink nie weer daaraan nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 43