Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 43:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Maar nou, Jakob, sê die Herewat jou geskep het, Hy wat jou gevorm het, Israel: “Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My.

2. Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees.Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie.Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie.Die vlamme sal jou nie verteer nie.

3. Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte, Kus en Seba as ’n losprys vir jou vryheid.

4. Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is,omdat Ek jou liefhet,gee Ek mense in jou plek,in ruil vir jou lewe.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 43