Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:9-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Jou het Ek teruggeroep vanaf die uithoeke van die aarde. Ek het gesê: ‘Jy is my dienaar,’want Ek het jou gekies.Ek het jou nooit verwerp nie!

10. Moenie bang wees nie,want Ek is by jou.Moenie ontsteld word nie,want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help.Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.

11. “Almal wat vir jou kwaad is, sal in die skande kom en verleë wees.Almal wat jou weerstaan, sal vergaan.

12. Jy sal jou vyande soek, maar hulle nêrens kry nie.Almal wat teen jou oorlog maak,sal soos niks wees!

13. Ek gryp jou regterhand vas.Ek is die Here jou God.En Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie.Ek is daar om jou te help!’

14. Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel,sal Ek jou help, sê die Here.Ek is die Een wat jou red,die Heilige van Israel.

15. Kyk, Ek maak jou soos ’n nuwe dorsslee met baie skerp tande.Jy sal die berge fynmaal,die heuwels tot kaf maak.

16. Jy sal hulle uitwan, en ’n wind sal hulle wegwaai.’n Stormwind sal hulle verstrooi.Maar jy sal bly wees in die Hereen roem in die Heilige van Israel.

17. “Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors.Dan sal Ek, die Here, hulle verhoor.Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41