Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:23-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Vertel vir ons wat die toekoms inhousodat ons kan bepaal of julle gode is.Doen enigiets, goed of sleg.Dan sal ons verwonderd staan en bang vir julle word.

24. Maar kyk, julle is minder as niksen wat julle kan doen, is waardeloos.Mense wat julle as hulle gode kies, is net so veragtelik soos julle.

25. “Ek het ’n leier laat opstaan wat uit die noorde kom.Ek roep hom uit die ooste op sy naam.Hy trap op leiers asof hulle modder is,soos ’n pottebakker wat klei trap.

26. “Wie van julle het dit van die begin af gesêsodat ons dit kon weet, vantevore al sodat ons sou kon sê: ‘Hy was reg’?Niemand het dit geweet nie.Niemand het dit voorspel nie.Niemand het eers gehoor dat julle ’n woord daaroor sê nie.

27. Ek was die eerste wat vir die tempelberg gesê het: ‘Kyk, hier kom hulp vir jou!’Ek het ’n boodskapper met goeie nuus na Jerusalem toe gestuur.

28. Nie een van die afgodehet jou dit kon vertel nie.Toe Ek hulle vra,kon niemand ’n antwoord gee nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41