Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:13-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Ek gryp jou regterhand vas.Ek is die Here jou God.En Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie.Ek is daar om jou te help!’

14. Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel,sal Ek jou help, sê die Here.Ek is die Een wat jou red,die Heilige van Israel.

15. Kyk, Ek maak jou soos ’n nuwe dorsslee met baie skerp tande.Jy sal die berge fynmaal,die heuwels tot kaf maak.

16. Jy sal hulle uitwan, en ’n wind sal hulle wegwaai.’n Stormwind sal hulle verstrooi.Maar jy sal bly wees in die Hereen roem in die Heilige van Israel.

17. “Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors.Dan sal Ek, die Here, hulle verhoor.Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

18. Ek sal riviere laat ontspring op die hoë bergpieke.Ek sal vir hulle fonteine gee in die valleie.Ek sal die woestyn in ’n poel water verander.Ek verander die droë, gebarste grond in fonteine.

19. Ek sal bome plant in die woestyn – seders, doringbome, mirteen olyfbome. Ek laat in die droë wêreld sipresse groei, ook platane en denne.

20. Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur.Hulle sal dan verstaan dat die Here dit gedoen het.Die Heilige van Israel het dit geskep.

21. “Stel nou julle saak,” sê die Here.“Kom met julle beste argumente,” sê die Koning van Jakob.

22. “Bring julle afgode om vir ons te vertel wat gaan gebeur. Sê vir ons wat voorheen gebeur hetsodat ons kan oordeel of hulle die waarheid praat.Of vertel vir ons wat gaan gebeur.

23. Vertel vir ons wat die toekoms inhousodat ons kan bepaal of julle gode is.Doen enigiets, goed of sleg.Dan sal ons verwonderd staan en bang vir julle word.

24. Maar kyk, julle is minder as niksen wat julle kan doen, is waardeloos.Mense wat julle as hulle gode kies, is net so veragtelik soos julle.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41