Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:10-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Moenie bang wees nie,want Ek is by jou.Moenie ontsteld word nie,want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help.Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.

11. “Almal wat vir jou kwaad is, sal in die skande kom en verleë wees.Almal wat jou weerstaan, sal vergaan.

12. Jy sal jou vyande soek, maar hulle nêrens kry nie.Almal wat teen jou oorlog maak,sal soos niks wees!

13. Ek gryp jou regterhand vas.Ek is die Here jou God.En Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie.Ek is daar om jou te help!’

14. Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel,sal Ek jou help, sê die Here.Ek is die Een wat jou red,die Heilige van Israel.

15. Kyk, Ek maak jou soos ’n nuwe dorsslee met baie skerp tande.Jy sal die berge fynmaal,die heuwels tot kaf maak.

16. Jy sal hulle uitwan, en ’n wind sal hulle wegwaai.’n Stormwind sal hulle verstrooi.Maar jy sal bly wees in die Hereen roem in die Heilige van Israel.

17. “Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors.Dan sal Ek, die Here, hulle verhoor.Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

18. Ek sal riviere laat ontspring op die hoë bergpieke.Ek sal vir hulle fonteine gee in die valleie.Ek sal die woestyn in ’n poel water verander.Ek verander die droë, gebarste grond in fonteine.

19. Ek sal bome plant in die woestyn – seders, doringbome, mirteen olyfbome. Ek laat in die droë wêreld sipresse groei, ook platane en denne.

20. Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur.Hulle sal dan verstaan dat die Here dit gedoen het.Die Heilige van Israel het dit geskep.

21. “Stel nou julle saak,” sê die Here.“Kom met julle beste argumente,” sê die Koning van Jakob.

22. “Bring julle afgode om vir ons te vertel wat gaan gebeur. Sê vir ons wat voorheen gebeur hetsodat ons kan oordeel of hulle die waarheid praat.Of vertel vir ons wat gaan gebeur.

23. Vertel vir ons wat die toekoms inhousodat ons kan bepaal of julle gode is.Doen enigiets, goed of sleg.Dan sal ons verwonderd staan en bang vir julle word.

24. Maar kyk, julle is minder as niksen wat julle kan doen, is waardeloos.Mense wat julle as hulle gode kies, is net so veragtelik soos julle.

25. “Ek het ’n leier laat opstaan wat uit die noorde kom.Ek roep hom uit die ooste op sy naam.Hy trap op leiers asof hulle modder is,soos ’n pottebakker wat klei trap.

26. “Wie van julle het dit van die begin af gesêsodat ons dit kon weet, vantevore al sodat ons sou kon sê: ‘Hy was reg’?Niemand het dit geweet nie.Niemand het dit voorspel nie.Niemand het eers gehoor dat julle ’n woord daaroor sê nie.

27. Ek was die eerste wat vir die tempelberg gesê het: ‘Kyk, hier kom hulp vir jou!’Ek het ’n boodskapper met goeie nuus na Jerusalem toe gestuur.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41