Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:5-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die Here is hoog verhewe.Hy woon in die hemel.Hy sal Jerusalem met reg en geregtigheid vul.

6. Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis.As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry.

7. Jou ambassadeurs huilvan teleurstelling,want Assirië hetjou versoek vir vredesummier verwerp.

8. Jou weë is verlate.Niemand reis op die paaie nie. Assirië het hulle ooreenkoms met jou verbreeken gee niks om vir die belofteswat hulle voor getuiesgemaak het nie.Hulle het respek vir niemand nie.

9. Die hele land huil en vergaan.Die Libanonberge verwelk.Die Saronvlakte is soos ’n woestyn.Die bome in Basan en Karmel staan kaal.

10. “Nou sal Ek opstaan,” sê die Here. “Nou staan Ek open laat my mag geld.

11. Wat julle voortbring, is kaf en julle gee geboorte aan strooi.Julle asem is soos vuur wat julleself verteer.

12. Jou mense sal soos kalk verbrand word.Soos afgekapte doringbosse sal hulle verbrand word.

13. “Luister na wat Ek gedoen het,julle nasies wat daar ver is.En julle hier naby, erken my mag.”

14. Die sondaars in Sion bewe van vrees.Die goddeloses is vol angs:“Wie van ons kan dit uithouin ’n verterende vuur?Wie van ons kan uithou in ’n vuur wat aanhou brand?”

15. Net mense wat reg leween sê wat reg is,wat weier om deur bedrieëry wins te maak, wat wegbly van omkopery, wat nie luister na moordplanne nieen hulle oë toemaak vir die beplanning van misdade.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33