Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Jerusalem sal die plekvan aanbidding en feeste wees.Jerusalem sal ’n veilige plek weeswaar jou tent nie verskuif sal word en sy tentpenne nie uitgetrek sal word of enige van sy toue sal breek nie.

21. Daar sal die Herejou magtige Beskermer wees.Hy sal soos ’n wye rivier weeswaarop geen vyand kan oorvaar teen jou nie.

22. Want die Here is ons Regter.Die Here is ons Regeerder.Die Here is ons Koning.Hy is die een wat ons sal red.

23. Die vyand se skeepstoue hang slap.Die maste staan nie regop nie.Die seile is nie gespan nie. God se volk verdeel die oorvloedige buit.Selfs mense wat verlam is, kry genoeg.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33