Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Daar kom ’n tyd dat jy self die koning sal sien in al sy glorie.Jy sal ’n land sien wat strek tot in die verte.

18. Jy sal dan terugdink aan die tyd van angs:“Waar is die een wat ons getel het? Waar is die een wat buit moes weeg?Waar is die een wat ons torings moes opskryf?”

19. Hierdie gewelddadige mense sal skielik weg wees,daardie mense met ’n vreemde,onverstaanbare taal.

20. Jerusalem sal die plekvan aanbidding en feeste wees.Jerusalem sal ’n veilige plek weeswaar jou tent nie verskuif sal word en sy tentpenne nie uitgetrek sal word of enige van sy toue sal breek nie.

21. Daar sal die Herejou magtige Beskermer wees.Hy sal soos ’n wye rivier weeswaarop geen vyand kan oorvaar teen jou nie.

22. Want die Here is ons Regter.Die Here is ons Regeerder.Die Here is ons Koning.Hy is die een wat ons sal red.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33