Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “Nou sal Ek opstaan,” sê die Here. “Nou staan Ek open laat my mag geld.

11. Wat julle voortbring, is kaf en julle gee geboorte aan strooi.Julle asem is soos vuur wat julleself verteer.

12. Jou mense sal soos kalk verbrand word.Soos afgekapte doringbosse sal hulle verbrand word.

13. “Luister na wat Ek gedoen het,julle nasies wat daar ver is.En julle hier naby, erken my mag.”

14. Die sondaars in Sion bewe van vrees.Die goddeloses is vol angs:“Wie van ons kan dit uithouin ’n verterende vuur?Wie van ons kan uithou in ’n vuur wat aanhou brand?”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33