Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 33:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die verwoesting is vir jou,verwoesterwat self nie verwoes is nie.Ellende wag vir jou, verraaier wat self nie verraai is nie!Wanneer jy opgehou hetom te verwoes,sal jy self verwoes word.Wanneer jy ophou om te verraai,sal jy self verraai word.

2. Here, wees ons genadig!Ons wag op U!Wees elke dag ons krag,ons redding in tye van nood.

3. Die vyand vlug wanneer hulle u stem hoor.Wanneer U opstaan,vlug die volke.

4. Wat julle vir julleself versamel het,sal verorber word soos sprinkane daarop toesak.Soos ’n swerm sprinkane sal Israel daarop toesak.

5. Die Here is hoog verhewe.Hy woon in die hemel.Hy sal Jerusalem met reg en geregtigheid vul.

6. Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis.As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 33