Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:18-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe.Hy wil genade aan julle bewys.Die Here is ’n God wat regverdig is.Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.

19. Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help.Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep.

20. Die Here het jou brood van swaarkry laat eet en water van lyding laat drink.Maar Hy sal nog by jou wees om jou te leer.Jy sal Hom met jou eie oë sien, die Een wat jou leer.

21. Jy sal ’n stem hoor sê:“Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs.”

22. Daardie dag sal jy al jou silwer afgode en goue beelde stukkend slaan.Jy sal hulle weggooi soos smerige klere.“Aaklig!” sal jy sê. “Weg daarmee!”

23. Dan sal die Here jou seën.Jy sal genoeg reën kry wanneer jy plant.Daar sal groot oeste wees en baie weiveld vir jou vee.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30