Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 29:10-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die Here het ’n diep slaap oor julle laat kom.Hy het die oë toegesluit van julle profete en sieners.

11. Die openbaring van toekomstige gebeure is ’n verseëlde boek vir hulle. As jy dit gee vir mense wat kan lees, sal hulle sê: “Ons kan dit nie lees nie, want die boek is verseël.”

12. En as jy dit vir mense gee wat nie kan lees nie, sal hulle antwoord: “Jammer, maar ons kan nie lees nie.”

13. So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My.Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af.En hulle aanbidding bestaan uit niks meer as menslike opdragte en tradisies.

14. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense.Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.”

15. Verwoesting wag verseker vir hulle wat probeer om hulle planne vir die Hereweg te steek. Hulle probeer om hulle dade in die donker weg te steeken sê:“Die Here kan nie sien wat ons doen nie!” Julle sê vir julleself:“Hy weet niks wat aangaan!”

16. Hoe onnosel is julle!Hy is die Pottebakker, en soveel groter as julle!Julle is maar net die pottewat Hy gemaak het!Kan die kleipot van die pottebakker sê: “Hy het ons nie gemaak nie”?Die kleipot kan tog nie vir die pottebakker sê: “Die pottebakker wat my gemaak het, weet niks!”

17. Baie gou, binne ’n kort tydjie, sal die wildernis van die Libanon verander in ’n vrugbare veld.En die vrugbare velde sal ’n lowerryke bos word.

18. Daardie dag sal dowe mense hoorhoe daar uit ’n boek gelees word, en blinde mense sal deur die somberheiden donkerte kan sien.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 29