Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 26:7-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Die pad van die regverdige is reguit. Regverdige Een, U maak die pad van die regverdige gelyk.

8. Here, ons doen graag wat U van ons vra.Ons enigste begeerte is om u Naam te eer.

9. Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U.Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is.

10. Uit die goedheid wat U aan die bose mense bewys, leer hulle nie wat reg is nie. Selfs waar daar reg geskied, doen hulle nog die verkeerde en steur hulle nie aan die magvan die Here nie.

11. O Here, hulle luister nie wanneer U hulle dreig nie.Wys hulle dat U gretig is om u volk te beskerm.Miskien kry hulle dan skaam.Laat u vuur u vyande verteer.

12. “Here, U sal ons vrede gee.Alles wat ons bereik het, het U vir ons gedoen.

13. Here ons God, ander het oor ons regeer, maar ons aanbid U alleen.

14. Dié wat ons gedien het, is nou dood en weg.Hulle sal nooit weer terugkom nie!U het hulle gestraf en hulle vernietig,en hulle is lankal vergete.

15. Ons prys U, Here! U het ons volk groot gemaak.U het ons landsgrense uitgebrei!So het U u mag getoon.

16. “Here, in ons nood het ons U gesoek.Ons het na U geroep toe U ons gestraf het.

17. Ons is soos ’n swanger vrou wat inmekaarkrimp van pyn.Só, Here, was ons in u teenwoordigheid.

18. Ons was swanger,en het inmekaargekrimp van pyn, maar ons het geboorte gegee aan wind.Ons kon nie die wêreld red nie.Daar is nie inwoners vir die wêreld gebore nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 26