Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 25:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Daardie dag sal Hy die wolk verwyder,die skaduwee van die dood oor die nasies.

8. Hy sal die dood vir altyd vernietig! Die oppermagtige Heresal al die trane afvee. Hy sal alle beledigings verwydervan sy land en sy mense. Die Here het dit gesê.

9. Daardie dag sal die mense uitroep:“Dit is ons God. Ons het op Hom vertrou, en Hy het ons gered.Dit is die Hereop wie ons vertrou het.Laat ons bly wees omdat Hy ons gered het!”

10. Want die Here se goeie handsal rus op Jerusalem.Moab sal vernietig word soos strooi wat vertrap is op die mishoop.

11. Hulle sal hulle hande in die mishoop uitsteeksoos ’n swemmer die hande uitsteek om te swem.Maar God sal hulle trots beëindig ten spyte van al hulle slimstreke.

12. Die hoë mure van Moab sal Hy platslaan, hulle op die grond neergooi.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 25