Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 25:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. U het ’n stad in ’n puinhoop verander. Die stad met sterk mure het ’n rommelhoop geword. Pragtige paleise in verre lande het verdwyn en word nooit weer herbou nie.

3. Daarom sal sterk nasies van u heerlikheid vertel, genadelose volke U eer.

4. Vir die armes is U, Here,’n toevlug in die storm.Vir die behoeftiges in nood is U ’n skuilplek teen die hitte en die stortreën. Die onderdrukkende dade van genadelose mense is soos ’n storm wat slaan teen die muur,

5. of soos sonsteek in die woestyn.Die geraas van vreemde nasieshet U laat ophou.U koel die land af met die skadu van ’n wolk.So word die liedere van genadelose mense stilgemaak.

6. In Jerusalem gaan die Heredie Almagtige, ’n heerlike fees voorberei vir almal oor die hele wêreld.Dit gaan ’n fees wees met goeie kos, die beste wyn en die beste vleis.

7. Daardie dag sal Hy die wolk verwyder,die skaduwee van die dood oor die nasies.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 25