Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 24:15-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. In die ooste moet hulle die Here eer.Die Here se Naam,die God van Israel,moet in die kuslande geprys word.

16. Vanaf die eindes van die aardehoor ons hulle sing:“Eer aan die Regverdige!”Maar ek kwyn weg, ja, ek kwyn weg!Verraaiers laat my in die steek. Die handelaars bedrieg my.

17. Angs, vangnette en valstrikke wag oral vir julle, bewoners van die aarde.

18. Wie van angs wegvlug, sal in die vangnette beland.Wie uit die vangnette klim, sal op ’n valstrik trap. Vernietiging val op julle uit die hemel.Die aarde skud onder julle.

19. Die aarde breek aan stukke, dit stort inmekaar.Dit waggel en wankel heen en weer.

20. Die aarde slingersoos ’n dronk mens.Dit ruk soos ’n tent in ’n storm.Dit val en staan nie weer op nie,want sy sonde is baie groot.

21. Daardie dag sal die Heredie magte in die hemel straf, en ook die heersers van die nasies op aarde.

22. Hulle sal saamgehok word en in ’n tronk gehou wordtot hulle geoordeel en uiteindelik gestraf word.

23. Die maan sal dof word en die son sy gesig wegsteek,want die Here, die Almagtige, is Koning op Sionsberg in Jerusalem en sy heerlikheidskyn op die leiers van sy volk.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 24