Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 24:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Kyk, die Here is op die punt om die aarde te verwoes en dit ’n groot puinhoop te maak.Kyk hoe Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.

2. Priesters en gewone mense, slaaf en eienaar, slavin en meesteres, koper en verkoper,lener en uitlener, bankier en skuldenaar –niemand word gespaar nie.

3. Die aarde sal leeggemaaken heeltemal geplunder word. Die Here het gepraat!

4. Die aarde huil, dit droog uit.Alles vergaan.Die vernaamste mense kwyn weg.

5. Die aarde ly ter wille van die sonde van sy mense, want hulle het God se opdragte verontagsaam, sy voorskrifte verdraai, sy ewige verbond verbreek.

6. Daarom verteer ’n vloek die aarde en al sy inwoners.Daarom is die inwoners van die aarde verbrand en het baie min oorgebly.

7. Die nuwe wyn droog op, die wingerde verdroog, vrolike mense sug.

8. Die vrolike geluid van tamboeryne word stil.Die lied van die vrolike mensehet opgehou.Die harp het stil geword.

9. Niemand sing meer terwyl hulle wyn drink nie. Sterk drank word galbitter vir dié wat dit drink.

10. Die leë stad lê verwoes. Elke huis is toegesluitom plunderaars uit te hou.

11. Die mense roep in die stratevir wyn.Alle vreugde het verdwyn.Vrolikheid is uit die land verban.

12. Die stad is ’n puinhoop, die stadspoorte is stukkend geslaan.

13. Deur die hele land lyk dit dieselfde –soos die olywe wat agterbly op ’n boomof die enkele druiwe wat ná die oes oorbly.

14. Almal wat oorbly, sal roep en sing van vreugde.In die weste sal hulle die Here prys.

15. In die ooste moet hulle die Here eer.Die Here se Naam,die God van Israel,moet in die kuslande geprys word.

16. Vanaf die eindes van die aardehoor ons hulle sing:“Eer aan die Regverdige!”Maar ek kwyn weg, ja, ek kwyn weg!Verraaiers laat my in die steek. Die handelaars bedrieg my.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 24