Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 23:8-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Wie het hierdie ramp oor Tirus gebring? Tirus wat konings gekroon het, wie se handelaars soos prinse ontvang is, en wie se sakelui geëer is.

9. Die Here, die Almagtige, het besluit om jou trots te vernietig en alle menslike arrogansie te verneder.

10. Bewerk julle grond nou soos by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis, want julle hawe bestaan nie meer nie.

11. Die Here hou sy hand oor die see. Hy skud die koninkryke van die aarde. Hy beveel:Kanaän se vestingstede moet vernietig word.

12. Hy sê: “Nooit meer sal jy bly wees nie, verdrukte dogter van Sidon. Selfs as jy na Siprus vlug, sal jy nie rus kry nie.”

13. Kyk na die Galdeërs se land – die mense van daardie land is weg!Die Assiriërs het Babilon vir die wilde diere gegee.Hulle het stormramme daarteen opgerig,die paleise afgebreek, alles in ’n puinhoop verander.

14. Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is vernietig!

15. Vir 70 jaar lank, so lank as wat ’n koning leef, sal Tirus vergete bly lê. As die 70 jaar verby is, sal Tirus soos die prostituut sing:

16. “Vat jou lier, stap deur die stad, prostituut wat vergete was! Speel mooi, lied na lied sodat hulle jou weer sal onthou!”

17. Na 70 jaar sal die Here Tirus opwek. Maar die stad sal weer ’n prostituut wordvir al die koninkryke van die wêreld.

18. Tog sal die stad se wins en inkomste aan die Here gewy word.Haar rykdom sal gebruik word om goeie kos en mooi klere te verskaf vir die Here se priesters.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 23