Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 23:5-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. As Egipte die nuus oor Tirus hoor, sal sy mense bewe.

6. Vlug nou na Tarsis toe! Huil, julle mense wat by die see woon!

7. Is dit julle stad vol joligheid,die stad wat so lank bestaan,wie se mense in verre lande gaan woon het?

8. Wie het hierdie ramp oor Tirus gebring? Tirus wat konings gekroon het, wie se handelaars soos prinse ontvang is, en wie se sakelui geëer is.

9. Die Here, die Almagtige, het besluit om jou trots te vernietig en alle menslike arrogansie te verneder.

10. Bewerk julle grond nou soos by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis, want julle hawe bestaan nie meer nie.

11. Die Here hou sy hand oor die see. Hy skud die koninkryke van die aarde. Hy beveel:Kanaän se vestingstede moet vernietig word.

12. Hy sê: “Nooit meer sal jy bly wees nie, verdrukte dogter van Sidon. Selfs as jy na Siprus vlug, sal jy nie rus kry nie.”

13. Kyk na die Galdeërs se land – die mense van daardie land is weg!Die Assiriërs het Babilon vir die wilde diere gegee.Hulle het stormramme daarteen opgerig,die paleise afgebreek, alles in ’n puinhoop verander.

14. Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is vernietig!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 23