Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 23:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Huil in stilte, mense van die kus en handelaars van Sidon. Julle gesante het oor die see gereis.

3. Oor groot waters het hullegraan van Egipte af gebring, die oes van die Nyl om handel te dryf. Jy was die volke se markplein.

4. Kry skaam, stad van Sidon, seevesting. Want die see sê: “Nou is ek kinderloos. Ek het nie seuns of dogters nie.”

5. As Egipte die nuus oor Tirus hoor, sal sy mense bewe.

6. Vlug nou na Tarsis toe! Huil, julle mense wat by die see woon!

7. Is dit julle stad vol joligheid,die stad wat so lank bestaan,wie se mense in verre lande gaan woon het?

8. Wie het hierdie ramp oor Tirus gebring? Tirus wat konings gekroon het, wie se handelaars soos prinse ontvang is, en wie se sakelui geëer is.

9. Die Here, die Almagtige, het besluit om jou trots te vernietig en alle menslike arrogansie te verneder.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 23