Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Julle sien die mure van Jerusalemmoet herstel word. Julle gaar water op in die onderste poel.

10. Julle tel die huise in Jerusalem sodat julle party kan afbreek om die stene te gebruik met die doel om die stadsmuur te versterk.

11. Tussen die stadsmure bou julle ’n opgaarpoel vir water uit die ou poel. Maar al julle koorsagtige planne sal niks help, want julle raadpleeg nie vir God wat dit alles gemaak het nie. Julle eer Hom niewat dit alles lank terug beplan het.

12. Die oppermagtige Here, die Almagtige, het julle geroep om te huil en te rou. Hy het gesê dat julle julle koppe kaal moet skeer soos julle rou oor julle sondes, dat julle klere van sak moet draom te wys julle het berou.

13. Maar in plaas daarvan dans en speel julle! Julle slag offerdiere, eet vleis en drink wyn. “Laat ons eet en drink, en vrolik wees,” sê julle.“Wat maak dit saak, want môre is ons in elk geval dood!”

14. Die Here, die Almagtige,het aan my gewys: “Hierdie sonde van hulle sal tot die dag van hulle dood nie vergewe word nie.” So sê die oppermagtige Here, die Almagtige.

15. So sê die oppermagtige Here, die Almagtige:“Gaan sê vir Sebna, die administrateur van die paleis:

16. ‘Wat dink jy, wie is jy? Jy bou vir jou ’n pragtige graf in die rots teen die hoogte.

17. Die Here is op die punt om jou te gryp en ver weg te gooi. Hy gaan jou in ballingskap wegstuur, jou verwaande vent!

18. Hy gaan jou soos ’n bal heen en weer gooi en jou dan weggooi in ’n ver, verlate land. Daar sal jy doodgaan en daar sal die strydwaens waarmee jy so gespog het, stukkend en nutteloos lê.Jy is ’n skande vir jou koning!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22