Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 19:14-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Die Herehet hulle dwaas gemaak sodat al hulle voorstelle verkeerd is. Hulle het die land van Egipte soos ’n siek dronklap laat steier.

15. Niemand in Egipte, of hy ryk of arm, belangrik of onbelangrik is, kan hom help nie.

16. Daardie dag sal die Egiptenaars so swak soos vroue wees. Hulle sal wegkruip van vrees wanneer die Here, die Almagtige, sy vuis teen hulle optel.

17. Net om Israel se naam te noem, sal angs vir die Egiptenaars bring. Want die Here, die Almagtige, het sy planne klaar teen Egipte opgestel.

18. Daardie dag sal vyf Egiptiese stede die Here, die Almagtige, volg. Hulle sal selfs Hebreeus praat. Een van hulle sal die Stad van Verwoesting genoem word.

19. Daardie dag sal daar ’n altaar vir die Here in die hart van Egipte wees, en ’n monument vir die Here by sy grens.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 19