Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 11:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Uit die stomp van Dawid se familiesal ’n takkie groei, ’n tak wat vrugte sal dra.

2. Die Gees van die Heresal op hom rus, die Gees wat wysheid en insig bring,die Gees wat raad en krag bring,die Gees wat kennis en eerbied vir die Here bring.

3. Hy sal sy vreugde daarin vind om die Here te gehoorsaam. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn of op vals getuienis of hoorsê nie.

4. Hy sal die armes en verdruktes beskerm. Teen die bose mense sal hy optree en met die asem van sy mond hulle om die lewe bring.

5. Hy sal regverdigheid aantrek,en ook waarheid.

6. Daardie dag sal die wolf die gas van die lamwees. Die luiperd en die bokkie sal langs mekaar lê. Kalwers en vetgemaakte beeste sal veilig by leeus wees, en ’n kindjie sal vir almal sorg.

7. Vee sal tussen bere wei, hulle kleintjies sal by mekaar lê en leeus sal gras vreet soos beeste.

8. Babas sal veilig tussen giftige slange speel. ’n Kindjie sal sy hand uitsteekna giftige slange en niks oorkom.

9. Niks of niemand sal op my heilige berg verwoesting of kwaad aanrig nie. Soos die water die see vol maak, so sal die aarde vol wees van mense wat die Here ken.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 11