Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier is die visioene wat Jesaja seun van Amos oor Juda en Jerusalem gesien het. Dit was in die tyd dat Ussia, Jotam, Agas en Hiskia konings van Juda was.

2. Luister, hemele! Luister, aarde! Dit is wat die Here sê:“Die kinders wat Ek grootgemaaken versorg het, het teen My gerebelleer.

3. Selfs die bees ken sy eienaaren die donkie die krip van sy baas,maar my volk Israel weet nie, my volk verstaan niks.”

4. Voorwaar, hulle is ’n sondige klomp, met skuld belaai. Hulle is mensewat totaal en al korrup is. Hulle het van die Here af weggedraai. Hulle het Israel se Heilige Eengeminag en hulle rug op Hom gedraai.

5. Hoekom wil julle nog verder gestraf word? Hoekom hou julle aan om in opstand te kom? Julle koppe is stukkend geslaan en julle harte is siek.

6. Julle is stukkend, van kop tot tone – vol kneusplekke, hale en ontsteekte wonde! Julle beserings is nie behandel of verbind nie. Daaraan is nie salf gesmeer nie.

7. Julle land lê in puin en julle stede is afgebrand. Terwyl julle staan en kyk, plunder vreemdelinge julle velde en vernietig alles wat voorkom. Hulle los alles verlate agter.

8. Sion in Jerusalem staan verlate soos die opsigter se skerm in ’n wingerd of landery nadat die oes af is. Die stad is hulpeloos soos ’n stad onder beleg.

9. As die Here, die Almagtige,nie ’n handjievol van onsgespaar het nie, sou ons uitgewis gewees het net soos Sodom en Gomorra.

10. Luister na die woord van die Here, julle regeerders van Sodom! Luister na die bepalings van ons God, julle mense van Gomorra!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1