Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:15-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Luister wat die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Kyk! Ek sal hulle bitter kruie gee om te eet en gif om te drink.

16. Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nóg hulle nóg hulle voorouers geken het. Ek sal hulle met die swaard agtervolg totdat Ek hulle heeltemal uitgewis het.”

17. Die Here, die Almagtige, sê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is! Roep die vroue wat rouklaag om treurliedere te kom sing.

18. “Maak gou en huil oor ons! Laat trane vloei uit julle oë.

19. Want die geluid van rouklag word in Sion gehoor: ‘Verwoesting het ons getref! Ons is verneder, want ons moet die land verlaat,en ons huise het puinhope geword.’”

20. Vroue, luister na die woordevan die Here. Hoor baie duidelik wat Hy sê. Leer julle dogters’n treurlied,leer hulle om klaagliedere te sing.

21. Want die dood het ons huise binnegekomdeur die vensters. Kinders speel nie meerin die strate nie. Jongmense kom nie meer bymekaar op die stadspleine nie.

22. Jy moet sê: Die Here sê: “Lyke sal oral soos mis op die oop velde lê. Dit sal lyk soos bondels graan wat afgeoes is. Niemand sal oorbly om hulle te begrawe nie.”

23. Die Here sê: “Mense met insig moeniespog met hulle kennis nie.Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie.

24. Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die Here is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge iswat My bly maak.Ek, die Here, het dit gesê!”

25. Die Here sê: “Die tyd breek aan wanneer Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf.

26. Dit is die mense van Egipte, Edom, die Ammoniete, Moab en die woestynbewonerswat in afgeleë plekke woon. Want al hierdie volke is onbesnede.Selfs die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9