Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ag, ek wens my kop was soos ’n waterspruit,my oë soos ’n fontein vol trane. Dan sou ek dag en nag huil oor my mense wat geslag is.

2. As ek maar net ’n herberg in die woestyn gehad het!Dan sou ek daarheen ontsnap en my mense agterlaat. Want my volk is niks anders nie as egbrekers en ’n klomp verraaiers.

3. “Hulle span hulle tong soos ’n boog om leuens af te vuur. Hulle praat nie die waarheid nie. Die onreg wat hulle doen, raak net al hoe erger en erger. Hulle gee niks meer om vir My nie,” sê die Here.

4. “Pas op vir jou vriende! Moenie jou familie of volksgenote vertrou nie! Hulle is almal rugstekers en versprei vals stories oor mekaar.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9