Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 6:24-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Ons het berigte gehoor oor die vyand.Dit maak ons lam van vrees.Vrees en pyn oorval onssoos geboortepyne wat ’n vrou ervaar.

25. Moenie waag om in die veld te stap nie! Bly weg van die paaie! Die vyand is gewapen,hulle bring oral vrees.

26. My volk, trek rouklere aan, en gaan sit in sak en as! Rou en huil met stukkende harte asof ’n enigste kind dood is. Die vernietigende vyandgaan julle skielik aanval!

27. “Jeremia, Ek stel jou aan om die gehalte van my volk te toets net soos ’n mens die gehalte van metaal sou toets.

28. Hulle is almal hardkoppig. Hulle loop oral en kwaadpraat. Hulle is soos brons en yster, almal is korrup.

29. Blaas maar die vuur aan om dit witwarm te kry. Maar die suiwering is tevergeefs! Niemand kry dit regom onreg uit te suiwer nie.

30. Ek noem hulle ‘weggooisilwer’, want die Here het hulle weggegooi.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 6