Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:42-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

42. Die see het opgestoot en oor Babel gespoel. Die stad lê toe onder die golwe.

43. Babel se stede lê in puin,’n droë land, ’n woestynland. Niemand woon meer daar,of gaan selfs naby verby nie.

44. Ek sal Bel in Babel straf. Ek sal hom laat uitspoeg wat hy ingesluk het. Die nasies sal hom nie langer aanbid nie.Ja, Babel se mure het geval.”

45. “My volk, maak dat julle uit Babel wegkom! Vlug vir julle lewens, want die Here se woede gloei!

46. Moenie angstig raakas julle in die land die nuus hoor van magte wat optrek nie. Elke jaar is daar sulke storiesin omloop van leiers wat teen mekaar veg.

47. Kyk, die tyd kom dat Ek Babel se afgode gaan straf. Die hele land sal in die skande kom en lyke sal oral rondlê.

48. Die hemel en die aarde en alles daarin sal sing van blydskap oor Babel,”sê die Here.“Want die leërs van die verwoestende vyandsal uit die noorde teen Babel optrek.

49. “Babel het baie mense van Israel doodgemaak.Hulle het ook baie ander mensein die wêreld doodgemaak. Nou is dit hulle beurt om te sterf!

50. Julle wat die dood vrygespring het, vlug!Moenie staan en talm nie! Al gaan julle na veraf lande, dink aan die Hereen aan Jerusalem.”

51. Julle sê: “Ons is verneder. Ons is beledig en skaam. Want vreemdelinge het die Here se tempel ontwy.”

52. Die Here het geantwoord: “Die tyd kom dat Ek Babel se afgode straf. Gewonde mense sal oral deur die land kreun.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51