Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:25-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Dit kan jy maar weet, vernietiger van die aarde, verwoester van die wêreld,Ek is jou vyand,” sê die Here.“Ek sal teen jou optree, Ek gooi jou teen die berghange af. Ek maak jou ’n verskroeide berg.

26. Jy sal vir altyd verwoes lê. Niemand sal uit jou rommel ’n klip kan gebruik vir ’n hoeksteen of ’n steen vir die fondasie nie,”sê die Here.

27. Hou ’n vaandel op oor die land, blaas op die ramshoring onder die nasies. Berei die nasies voor vir oorlog teen Babel. Roep die koninkryke van Ararat, Minni en Askenas op teen Babel. Stel dan ’n bevelvoerder aan en kom met soveel perde soos ’n swerm sprinkane.

28. Bring die leërs van die konings van Medië, hulle leiers en die amptenare en al die lande waaroor hulle regeer teen hulle.

29. Die land bewe en krul, want die plan van die Herestaan vas teen Babel: Hy maak Babel ’n verlate plek – niemand sal daar bly nie.

30. Die soldate van Babel veg nie meer nie.Hulle sit nie ’n voet uit hulle versterkte skuilings nie. Hulle moed is gebreek, hulle is so bang soos vroue. Hulle huise is aan die brand,die stadshekke afgebreek.

31. Van oral kom boodskappers aangehardloop met nuus vir die koning van Babel: Die stad is van alle kante af ingeval!

32. Al die ontsnaproetes is afgesny, die versterkingsis aan die brand gesteek,en die soldate is lam van angs!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51