Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:19-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. “As julle mense sou vra: ‘Waarom doen die Here God hierdie dinge aan ons?’ moet julle antwoord: ‘Ons het God verraai en vreemde gode hier in ons eie land aanbid. Nou sal ons as vreemdelinge in hulle land moet dien.’”

20. “Kondig vir Israel en Juda die volgende boodskap aan:

21. Luister hier, julle dom en onverstandige volk, wat oë het, maar niks sien nie,en ore het, maar niks hoor nie.

22. Het julle geen respek vir My nie?” vra die Here. “Is julle nie bang vir My nie? Ek is die Een wat die sand as grense vir die see vasgestel het. Die see kan nie hierdie grense oorskry nie. Die branders kan maar bruis, maar sal nie seëvier nie.

23. Maar my volk is hardkoppig en opstandig. Hulle het teen My gedraai en hulle eie koers ingeslaan.

24. Dit kom nooit by julle op nieom te sê: ‘Kom ons aanbid die Hereons God wat vir ons reën geeop die regte tyd. Hy gee die herfsreëns en die lentereënssodat ons goeie oeste het.’

25. Julle boosheid het al dié goeie dinge verhoed.Dit is julle sonde wat julle van voorspoed beroof.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5