Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:12-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. “Hulle het leuens verspreioor die Here, en gesê:‘Hy sal niks aan ons doen nie! Geen ramp sal ons tref nie! Ons sal ook geen oorlog of hongersnood beleef nie!

13. Die profete is soos wind –sonder enige goddelike gesag. Hulle voorspelling van rampe sal oor hulleself kom!’”

14. Daarom sê die Here God,die Almagtige:“Omdat die mense dit gesê het, sal Ek my woorde in jou mondmaak soos vuurwat hulle sal verbrand asof hulle vuurmaakhout is.”

15. Verder sê die Here vir Israel: “Ek sal ’n volk wat van ver af kom teen julle laat optrek. Dit is ’n volk wat baie oud en sterk is, ’n nasie wie se taal julle nie ken nie, wie se woorde julle nie verstaan nie.

16. Die wapens wat hulle gebruik, is dodelik en hulle soldate baie sterk.

17. Hulle sal julle oes en julle kos vernietig, julle seuns en dogters om die lewe bring, julle kleinvee en beeste slag en julle druiwe en vye opeet.Die versterkte dorpe waarop julle vertrou,sal hulle vernietig.

18. “Maar selfs in hierdie verskriklike tyd sal Ek julle nie totaal uitwis nie,” sê die Here.

19. “As julle mense sou vra: ‘Waarom doen die Here God hierdie dinge aan ons?’ moet julle antwoord: ‘Ons het God verraai en vreemde gode hier in ons eie land aanbid. Nou sal ons as vreemdelinge in hulle land moet dien.’”

20. “Kondig vir Israel en Juda die volgende boodskap aan:

21. Luister hier, julle dom en onverstandige volk, wat oë het, maar niks sien nie,en ore het, maar niks hoor nie.

22. Het julle geen respek vir My nie?” vra die Here. “Is julle nie bang vir My nie? Ek is die Een wat die sand as grense vir die see vasgestel het. Die see kan nie hierdie grense oorskry nie. Die branders kan maar bruis, maar sal nie seëvier nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5