Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:29-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Hulle tente en vee sal geplunder worden hulle skuilings, besittings en kamele weggedra word. Mense sal uitroep: ‘Daar is oral gevaar!’

30. “Vlug vir julle lewens! Gaan kruip weg in grotte, inwoners van Gasor,”sê die Here. “Koning Nebukadnesar van Babel smee ’n komplot teen julle. Hy gaan ’n plan teen julle in aksie stel.”

31. Die Here se opdrag is: “Val die volk aan wat so rustig is,hulle wat so veilig woon. Hulle woon afgesonderd,sonder deure of hekke.

32. Al hulle kamele sal buit wees,hulle groot getalle vee is daar om te plunder. Ek sal hierdie mense wat in afgesonderde plekke woon, in alle windrigtings verjaag.Ek sal sorg dat rampe hulle van alle kante af tref,” sê die Here.

33. “Gasor sal ’n eensame en verlate plek wees. Niemand sal meer daar woon nie. Dit sal ’n lêplek wees vir jakkalse.”

34. Die Here het vir die profeet Jeremia ’n boodskap oor Elam gegee. Dit was net toe Sedekia koning van Juda geword het.

35. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek sal die pyl en boog van Elam, die setel van hulle mag,aan stukke breek.

36. Ek sal vyandeuit alle rigtingsna Elam toe bring, en Ek sal hulle verstrooi in alle rigtings. Daar sal geen nasie wees waar Elam se ballinge nie sal wees nie.

37. “Ek sal Elam bangmaak vir hulle vyande,vir dié wat hulle lewe soek. Ek bring onheil oor hulle.My gloeiende woedesal onheil oor Elam bring,” sê die Here. “Ek sal oorloë oor hulle bringtotdat Ek hulle uitgeroei het.

38. Ek sal hulle konings en leiers vernietig.Dan sal Ekdie koning van Elam wees,” sê die Here.

39. “Maar eendag, in die toekoms, sal Ek weer die lotvan Elam verander,” sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49