Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap gaan oor Moab. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Ellende wag vir Nebo,die stad sal verwoes word. Die stad Kirjatajim sal verneder en ingeneem word. Hulle sal die vesting verneder en afbreek.

2. Niemand sal meer oor Moab spog nie. In Gesbon beplan hulle ’n komplot teen Moab: ‘Kom ons beëindig hulle voortbestaan as ’n nasie!’ Hulle sal die stad Madmen stilmaak. Geweld sal ook hierdie stad tref!

3. Uit Goronajim klink ’n kreet op: ‘Verwoesting! Groot vernietiging!’

4. Moab se mag is gebreek! Hoor hoe huil die kinders.

5. Hulle vlugtelinge gaan op na Lugit terwyl hulle bitterlik huil; op pad af na Goronajim word smartkrete gehoor oor al die verwoesting.

6. Vlug vir julle lewens! Oorleef soos ’n wildedonkie in die woestyn!

7. Jy stel jou vertroue op jou prestasies en jou rykdom. Maar hulle sal jou gevange neem. Jou god Kemos,sy priesters en amptenaresal almal saam in ballingskap gaan.

8. Jou vyand sal al jou dorpe verwoes.Geen stad sal gespaar bly nie. Hulle sal die valleie beskadig en die vlaktes verwoes. Ek, die Here, sê dit sal gebeur!

9. As Moab net vlerke gehad het sodat sy kon wegvlieg! Moab se dorpe sal almal verwoes word, sodat niemand meer daarin woon nie.

10. “’n Vloek rus op elkeen wat weierom die werk van die Here te doen. ’n Vloek rus ook op elkeen wat nie dié doodmaak wat die Herehulle beveel het om dood te maak nie!

11. “Vanaf die vroegste tyehet Moab rustig geleef. Hulle is nog nooit deur ’n ander volk in ballingskap weggevoer nie. Moab is soos ou wyn wat kon verouder, wat nie van houer na houeroorgegooi is nie. Die smaak het nie verlore gegaan nie.”

12. Maar die Here sê: “Die tyd kom dat Ek mense sal stuur wat die kruike leegmaak. As hulle dit leeggemaak het, sal hulle die wynkruike stukkend breek!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48