Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 42:14-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorlog en die geluid van die ramshoring wat mense oproep vir oorlog of hongersnood aankondig.’

15. “Luister dan gerus na wat die Here sê oor die mense wat in Juda oorgebly het. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘As julle volhou om na Egipte te gaan en daar te gaan woon,

16. sal die oorloë wat julle vrees julle daar in Egipte tref. En die hongersnood waarvoor julle bang is, sal julle agtervolg. En uiteindelik sal julle in Egipte doodgaan.

17. “Dit is wat vir elkeen van julle wag as julle aandring om in Egipte te gaan bly. Julle sal daar in die oorlog sterf of van honger omkom of ’n siekte-epidemie sal julle tref. Niemand van julle sal ontvlug of die rampe oorleef wat Ek oor julle sal bring nie.’

Lees volledige hoofstuk Jeremia 42